Vredendal Landbouvereniging word na nuwe hoogtes geneem

Die Vredendal Landbouvereniging het onlangs ’n nuwe bestuurspan gekry wat daarna streef om die vereniging na nuwe hoogtes te neem. Die gekose persone is vasberade om saam met die gemeenskap te werk en te ondersteun waar hulle kan. ’n Reuse vooruitsig wat die landbouvereniging het vir die toekoms is om die gemeenskap te ondersteun, nie net die landbousektor nie, maar ook in die sakesektor.

Jare gelede was daar relatief meer verenigings in elke area, maar omdat die plase uitgebrei het en die boere beter struktuur wou skep, was die uitwerking dat die Vredendal Landbouvereniging gestig is. Die streke is tans opverdeel, waarvan die Vredendal Landbouvereniging onder streek 1 val. Al die landbouvereniging groepe is geaffilieer by Agri Wes-Kaap. Agri Wes-Kaap is geaffilieer by AgriSA.

Hierdie vereniging is baie opgewonde vir al die uitdagings wat voorlê om te oorwin. Enige vereniging is so sterk soos sy lede. Juis om hierdie rede hang daar ’n positiewe gees oor die gemeenskap rakende die vereniging.

Eric van Zyl wat ook deelmaak van hierdie vereniging, het die volgende te sê: “Hier is baie bekwame en sukses gedrewe boere in ons gemeenskap en met hulle as lede van Vredendal Landbouvereniging glo ek dat ons alle doelwitte wat ons vir onsself gestel het kan beruik.”

Enigiemand wat deel wil wees van die Vredendal Landbouvereniging, is welkom om vir Eric van Zyl te kontak by per e-pos by vredendalbv@gmail.com

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?