Volvo Trucks help Boere in Nood

Die onlangse droogte in Suid-Afrika het ‘n groot uitwerking op baie rolspelers gehad, maar die mense wat die meeste hierdeur geraak is, is die boere. Volvo Trucks kon nie net terugsit wetende wat die gevolge van die verwoestende droogte vir boere in Suid-Afrika is nie, sê die maatskappy in ‘n verklaring.

Deur Boere in Nood, ‘n nie-winsgewende organisasie wat boere help en in 2015 gestig is, het Volvo Trucks voer aan 1 232 boere in Suid-Afrika afgelewer. Die reise van Die Lady, Boertjie en Boytjie, het hulle 443 557 km ver geneem en 12 000 bale hooi wat 3 456 ton weeg, is afgelewer aan boere wat deur die droogte geraak is.

“Volvo Trucks het besef dat die mense wat swaarkry as gevolg van die droogte, ook van hulle kliënte is. Volvo Trucks het nie net die boere gehelp nie maar het ook eerstehands die nood en verligting van die boere gesien,” sê Valentia Hobbs, hoofbestuurder van Bemarking en Kommunikasie.

Volvo Trucks het nie net die drie vragmotors gratis verskaf nie, maar het ook bestuurders en diesel vir al die vragmotors verskaf wat regoor SA rondgereis het.

“Ons is trots op ons samewerking en die groot verskil wat ons gemaak het deur saam met Boere in Nood te werk. Dit was ‘n voorreg om ‘n werklike verskil te kon maak aan die mense wat geraak is daardeur, sowel as die diere wat se lewe gered is as gevolg van die aflewering van die voer,” voeg Valentia by.

Feite oor die Volvo-vragmotors Boere in Nood-projek:

Die projek het Volvo Trucks oor die R3-miljoen gekos

Die totale boere wat gehelp is: 1 232

Die totale hoeveelheid voer wat vervoer is: 3 465 ton

Totale aantal kilometer wat die Volvo vragmotors gereis het:

  • Boertjie: 116 037 km
  • Boytjie: 160 457 km
  • Lady:    167 063 km

Bron: Volvo Truck SA; http://www.proagri.co.za/volvo-trucks-help-boere-nood/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?