Van saailing tot volwaardige Rooibosbosse

Rooibos Bpk het dit goedgedink om die vyf grootste Rooibos-saailingkwekers bymekaar te bring om mekaar se kwekerye te besoek. Die doel van hierdie besoeke is om die verantwoordelike persoon en die eienaar van die kwekery te bemagtig en blootstelling te gee.

Die besoeke word beplan op Donderdag, 26 April en elke eienaar sal die kans kry om ’n voorlegging te doen oor hul kwekery.

Daar sal verwag word dat hulle verduidelik oor hul terrein en grondkeuses waar die kwekery gevestig is asook oor die grondvoorbereiding, bemesting en planttyd/plantdigtheid. Met die huidige droogte sal daar ook verslag gelewer word oor die verskillende uitdagings wat die eienaars tans in die gesig staar.

Deon Kotzé van Grootfontein het in Oktober 2017 die James W. van Putten-wisseltrofee vir die saailingkweker van die jaar ontvang en is ook een van die vyf sprekers. Rooibos Bpk hou jaarliks hierdie kompetisie om te verseker dat kwekers gesonde saailinge kweek wat die toekoms van die bedryf verseker.

Ons sien uit daarna om saam met die kwekers en Rooibos Bpk die kwekerye te besoek om meer insig te kry oor die proses van saailing tot plant.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?