Stellar-wynkelder oop op vakansiedag

Met die parsseisoen tans in volle swang, is Stellar-wynkelder ’n behoorlike miernes van bedrywighede. Klaas Coetzee, Stellar se produksiebestuurder, het vanoggend gesê hulle is tans besig om hanepoot te oes en is baie gelukkig met die gehalte.

Stellar gebruik die afgelope twee jaar ’n Pellenc Optimum-oesmasjien wat reeds in die wingerd die druiwe en afvalmateriaal op innoverende sorteertafels skei.

“In ’n bedryf waar ons druiwe so koel as moontlik by die kelder wil kry om oksidasie te beperk, is die Optimum goud werd. Die Optimum se innoverende tegnologie verseker dat ons wyne topklas is en dit maak ’n reuse verskil,” het Klaas gesê.

Die kelder is eerskomende Dinsdag, 21 Maart, ’n openbare vakansiedag, volstoom aan die werk en oop om druiwe te ontvang. Kontak hulle gerus om enige bykomende druiwe-innames te skeduleer. (Selfoon: 082 801 3737)

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?