Stede kan positiewe invloed op boere hê

Die Internasionale Voedselbeleid Navorsingsinstituut sê in sy jongste verslag dat stede met goeie waardekettings ’n positiewe invloed op boere se sak kan hê. Volgens die verslag is verstedeliking een van die grootste drywers agter die wyse waarop kleiner boere hul produkte bemark en verkoop. Veranderende eetgewoontes en voedselregulasies speel ook ’n groot rol.

Volgens die verslag kan kleinboere hul produkte in stede aan ’n groter en meer gegoede mark voorsien. Kleinboere dien ook as ’n bron van diverse en voedsame kos. Dit is egter belangrik dat geleenthede bestaan om hierdie bemarking te doen, en daarom is stede met goeie waardekettings en varsproduktemarkte goed gerat om hierin te voorsien.

In Nigerië is byvoorbeeld 60% van alle rys wat in stedelike gebiede aangekoop word, van ingevoerde afkoms. Dit is ten spyte van pogings om plaaslike produksie te verhoog. Hierdie probleem is die gevolg van ’n swak waardeketting waarin aspekte soos etikettering, behoorlike navorsing oor smaak en algemene gehalte nie aandag geniet nie.

Bron: AgriOrbit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?