Oorsig oor botterskorsies

Die omstandighede vir die groei van botterskorsies is soortgelyk aan dié

van ander pampoengewasse. Spasiëring mag verskil, afhangende van die kultivar. Sommige botterskorsies is kompakte groeiers terwyl ander lang ranke produseer.

 

Dragewoontes verskil ook. Sommige kultivars produseer ’n egalige verspreiding van die vrug, terwyl ander se vrug nader aan die kroon geleë is wat steeds aanhou groei voordat dit meer vrugte dra. Slegs ’n relatief klein hoeveelheid vroulike blomme produseer vrugte wat tot die volwasse stadium groei. Die hoeveelheid vrugte hang af van die blaargrootte. Daar is ook ’n verskil tussen variëteite ten opsigte van die aantal vroulike blomme wat dit dra. Maar daar behoort altyd genoeg te wees vir ’n volle opbrengs.

Die uitsondering is die baba-botterskorsies, waar ’n variëteit wat ’n hoër persentasie blomme produseer, meer produktief sal wees. Aangesien hierdie botterskorsies op ’n baie vroeë stadium ge-oes word, sal die plant aanhou probeer dat elke vroulike blom ’n vrug produseer en dit nie aborteer nie.

 

Spasiëring

Variëteite met korter ranke kan nader aan mekaar geplant word – so 1,5 m van mekaar af. Die optimale spasiëring vir pampoene wat normale rankers produseer, sal verskil na gelang van die kultivar. Byvoorbeeld, ’n variëteit wat sowat drie vrugte op ’n rank produseer – relatief naby die kroon – sal langer groei sonder die ontwikkeling van meer vrugte, totdat die blaararea weer voldoende is vir nog vrugte. In hierdie geval moet jy hulle nader aan mekaar plant as jy slegs die eerste vrugte wil oes. Die tweede groep vrugte sal eers heelwat later volwassenheid bereik.

 

Opbrengs

Botterskorsies produseer genoeg manlike blomme voor die eerste vroulike plant se blomme oopgaan. Produksie sal hoog wees want, soos gesê, die blaararea bepaal die volume van die vrug. Kleiner vrug variasies sal meer vrugte produseer groot vrug variasies, maar die aantal ton sal min of meer dieselfde wees. Party variasies kan hoë opbrengs belowe vir die area waarin die blare is.

 

Swak stam, stam roes en ander siektes

Botterskorsies is baie meer bestand teen siektes as ander pampoengewasse. As hulle infeksies ervaar, is die simptome nie so erg op die gewas nie. Een van die grootste siektes vir botterskorsies is stamroes. Die siekte beïnvloed nie noodwendig die gewas se opbrengs nie, maar dit beïnvloed die gehalte deur letsels op die botterskorsies te los. Stamroes voorkom die voordeel van verpakking van hierdie gewas. Gewoonlik kan jy dit op die sade sien, maar dit word meeste van die tyd gesien as jy die gewas oes.

 

Stoor die gewas vir hoër pryse

In warm areas kan hierdie gewas deur die somer, winter of herfs verbou word. Hierdie verbouing kan dalk die vrug se grootte en gehalte beinvloed, wat die prys gaan verlaag. Opbrengs sal ook laer wees. As jy in ’n relatiewe warm area boer, plant die gewas vroeër, en oes in die winter – die gewas sal dan die regte grootte wees en die regte vorm hê. Maar moet dit nie dadelik verkoop nie. Stoor dit tot in die somer (botterskorsies kan baie suksesvol gestoor word) en verkoop dit terwyl die kleiner gewasse bemark word. Jy sal ‘n beter prys kry as gevolg van die gewas se kleur aan die binnekant.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?