LGO bemeester Menseregtemaand in die landbousektor

Die Landelike Gemeenskaplike Ontwikkeling (LGO) het Maart 2019 ten volle benut met hul bemagtigende en noodsaaklike veldtogte wat hulle aan landbouwerkers in Matzikama aangebied het. Menseregte was voorwaar deur die LGO benut tydens Menseregtemaand.

Vroeg in Maart het mediese studente inligting oor postnatale depressie met vroue plaaswerkers in die Spruitdrift- en Trawal area gedeel. Dié sessies was goed deur die dames ontvang. Postnatale depressie is ’n onderwerp wat weinig erkenning ontvang. Dié dames is nou beter ingelig daaroor en kan hul kennis verder versprei.

Die LGO is self ook gedurende Maart bemagtig. Suster Booysen van die Departement van Gesondheid het aan ses LGO vrywilligers basiese gesondheidsopleiding te Kapel aangebied. Hierdie vrywilligers gaan sekerlik ’n aanwins vir vele in die gemeenskap wees.

Die LGO in samewerking met die Departement van Gesondheid het ook uitgereik na vier plaaslike kelders; Klawer Kelder, Spruitdrift Kelder, Namaqua Kelder en Lutzville Wingerde. Dit was deel van ‘n Bewusmakingsveldtog teen Dehidrasie. Die LGO EPWP werkers het 50 botteltjies water per kelder aan kelder-personeel, asook trekkerdrywers uitgedeel soos hulle druiwe na die kelders aangery het. Met die uitdeel van die water was die belangrikheid van drink van water om dehidrasie te voorkom ingeskep. Die suiker-sout oplossing resep (1 liter skoon water, 8 telepels suiker en ‘n 1/2 telepel sout) was ook met die werkers gedeel, tesame met inligtingspamflette oor dehidrasie.

Die LGO, in samewerking met die SAPD en LDAC het ook ’n program oor “Substance Abuse and related information sessions”  geloods wat vir plaaswerkers aangebied is. Die program is goed ontvang en getuienisse van gerehabiliteerders het die werkers voorwaar inspireer

Dit is belangrik om te onthou dat die kos wat ons eet nie ’n gegewe is nie. Die vars groente en vrugte, asook pluimvee en skape word op ’n daaglikse basis in wind en weer gekoester deur werkers wat baie keer hul gesondheid prysgee vir die gesondheid van kos op menige tafels in Matzikama. Die LGO weet hoe belangrik dit is om hierdie onsigbare helde geestelik en fisiek gesond te hou deurdat hulle met kennis bowenal alles bemagtig kan word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?