Landbouwerkers se talent word gevier

Agri’s got Talent (AGT) het oor die afgelope drie jaar in landbou se grootste en gewildste sangkompetisie ontwikkel. Die organiseerders van dié projek voorspel verdere groei.

“Ons hoop om die projek in ’n nasionale kompetisie te omskep, wat opheffing en geleenthede vir alle landbouwerkers sal skep,” sê Anton Rabe, HORTGRO uitvoerende direkteur en AGT-stigter.

“Musiek is ’n universele taal wat geen perke ken nie. Dit is die perfekte platform om die breë spektrum van mense in die landboubedryf te verenig. Agri’s got Talent het binne ’n kort tydjie ’n trotse tradisie met ’n etiket van uitnemendheid ontwikkel en ons ag onsself gelukkig om deel te wees hiervan. ”

Die kompetitisie, wat deur HORTGRO, die VinPro Stiging en die Wes-Kaapse Departement van Landbou aangebied word, gee landbouwerkers met musiektalent die geleentheid om uit te styg.

Unathi Mantshongo, VinPro se transformasie- en ontwikkelingsbeampte, sê hulle ondersteun AGT omdat dit ’n omgewing skep waar mense se talente geslyp en gevier word.

“AGT is ’n herinnering aan alle landbouwerkers dat indien jy jou vrese kan oorkom en voor 500 mense kan optree, dat jy ook ander hindernisse in jou lewe kan oorkom.”

Enigeen wat kan sing, oor 18 jaar is en minstens drie agtereenvolgende maande in die afgelope 12 maande op ’n plaas in die *sagtevrugte of wynbedryf werk, kan ’n klankgreep inskryf. Die projek bestaan uit ’n keuringsproses, ’n week lange sangopleiding en lewensvaardighede kursus vir die top 10 finaliste, asook ’n gala-aand waartydens ’n span beoordelaars die wenner aanwys. Hierdie is Agri’s got Talent se vierde bestaansjaar.

*Slegs landbouwerkers in die volgende bedrywe mag inskryf: appel, peer, perske, pruim, nektarien, appelkoos, granaat, framboos, bloubessie, swartbessie, kersie, droëvrugte, heuningbostee, tafeldruiwe, fynbos en olyf.

Bron: Hortgro

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?