Kenners deel tegniese inligting oor lusern

Barenbrug is al die afgelope 115 jaar ‘n wêreldleier in die grasbedryf.

Navorsing in hierdie bedryf speel ‘n belangrike rol in die ontwikkeling van nuwe kultivars en dit neem sowat agt tot nege jaar vir ‘n nuwe kultivar om die mark toe te tree.

Internasionale lusernkenners het Suid Afrika onlangs onder die Barenbrug-vaandel besoek en tegniese inligting tydens verskeie sessies met produsente gedeel. Robert Hedge, internasionale verkope- en bemarkingsbestuurder van Heritage Seeds, en Adrian Dridon, kommersiële bestuurder van Heritage Seeds, het onderwerpe soos geskikte variëteite, insek- en onkruidweerstand, opbrengs en ekonomiese watergebruik bespreek. -Monique van der Walt, Farmbiz

Vir meer inligting, skakel Douw Steyn 082 826 8222 of e-pos hom by dsteyn@barenbrugsa.co.za

Bron : http://agriorbit.com/kenners-deel-tegniese-inligting-oor-lusern/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?