Hoeveel behoort jy vir jou groente te kry dié week?

Die optogte op 7 April het ingemeng met aflewerings by markte. Die eindresultaat hiervan is minder volumes wat pryse ondersteun.
Uie
Daar word verwag dat pryse sal aanhou verhoog vanweë die vraag daarna gedurende die Aprilvakansie. Die gemiddelde pryse is R40 – R45/10kg in vergelyking met die vorige week se R30 – R35/10kg sak.
Wortels
Pryse verhoog week-op-week met 2,5% as gevolg van ’n verhoogde vraag en hoër temperature wat die pryse ondersteun. Pryse gaan meer wees gedurende Paasnaweek, maar sal weer binne die volgende twee maande normaliseer.
Tamaties
Die pryse vir die volgende drie maande word verwag om te styg. Daar is ’n gemiddelde verhoging van 2,5% in pryse en ’n 4,1% verhoging in volumes van markte.
Aartappels
Pryse het verminder as gevolg van meer volumes. Die gemiddelde prys was R2 – R22/7kg in vergelyking met die R28 – R32/7kg prys van verlede week.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?