Groter toelaatbare afwyking vir klas-2-aartappels

Aartappels SA het onlangs in ’n nuusflits die bedryf in kennis gestel dat ’n 25% toelaatbare afwyking van klas-2-aartappels voortaan sal geld.

 

Dit volg nadat die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye in terme van Artikel 3(1)(c) van die Wet op Landbouprodukstandaarde, 1990 (Wet 119 van 1990) toestemming verleen het aan alle produsente, markagente, groothandelaars, handelaars en kleinhandelaars wat klas-2-aartappels verkoop en bemark dat die toelaatbare afwyking  van 15 na 25% verander mag word.

 

Bron: Aartappels SA

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?