Ebenhaeser blink met nuwe toerusting

Tydens President Cyril Ramaphosa se onlangse besoek aan Ebenhaeser om die die finale titelaktes aan dié dorp te oorhandig, is agt trekkers en verskeie ander landboutoerusting aan die gemeenskap geskenk.

Die toerusting sal deur kleinboere van Ebenhaeser en omliggende gebiede gebruik word. ’n Boere Produksie Ondersteuningseenheid (Farmers Production Support Unit – FPSU) is op die been gebring om die toerusting te bestuur. Die FPSU sal as ’n kooperatief dien in samewerking met die Departement van Landbou, Landelike ontwikkeling en Kleinsake ontwikkeling om die kleinboere te help ontwikkel. Sodoende moet die kleinboere onafhanklik en op hul eie bestaan.

Die volgende prioriteite was deur die gemeenskap identifiseer:

* Opleiding van bestuurders vir trekkers

* Opleiding in besigheids vaardighede

* Bestuur van kostes en hulpbronne

Die FPSU is besig om die alles in plek te sit vir die verhuring van die trekkers. Basil Nefdt van Small Enterprise Development Agency (Seda) dien as mentor vir die FPSU en kan by 022 713 4405 of Bnefdt@seda.org.za gekontak word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2020 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?