Droë bone en saadproduksie

Droë bone (boontjies) is ’n algemene gewas in die Matzikama omgewing en is baie interessant om mee te boer. Wel ook ingewikkeld want boontjies is nie baie bestand teen spesifieke klimaat of omstandighede nie.

Daar is twee besighede wat groot aanplantings van die bone doen. Pannar, wat 70 hektaar se bone laat plant en DTO, wat tussen 30 en 35 hektaar per jaar aanplant. As gevolg van hoë temperature in areas nader aan die Noord-Kaap word hierdie bone hoofsaaklik in die Lutzville Koekenaap area geproduseer. Daar is ook lae nommers van grondsiektes in die area wat voordelig vir produksie is.

Daar word jaarliks 2 hektaar proewe gedoen van F1 generasie saad, spesifiek om uit te vind of die grond vir ’n nuwe kultivar gepas is. Interessante feit : Vanaf die boontjies in die kweekhuise (labratoriums) gekweek en vervaardig word, tot wanneer dit op die rak gesit kan word neem dit tussen 12 en 13 jaar. Laat mens verseker met nuwe oë na droë bone kyk.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2018. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?