Boerdery ervaar steeds nagevolge van langdurige droogte

Johan van Zyl, wingerd-, waterlemoen- en pampoenboer van Trawal het vroeër in die week met My Matzikama-nuus gesels oor die uitdagings wat boerdery steeds ervaar weens die langdurige droogte wat in Matzikama geheers het – en moontlik steeds in 2019 ervaar gaan word.

Die nagevolge van die lang droogte wat vir al amper drie jaar die streek heers, het ’n baie lae botpersentasie in wingerde tot gevolg gehad. Die botpersentasie het met omtrent 40% afgeneem – dít nadat die botpersentasie reeds in 2018 afgeneem het met tussen 50% en 60%. Sommige druiwe is ryp en gereed vir oes, terwyl sommige druiwe steeds groen is. Die ‘oneweredige’ bot-verskynsel veroorsaak vele komplikasies en uitdagings vir die boere. Die droogte in die streek het gelei tot die soutwater in die rivier. Gevolglik moet die soutinhoud eers verwyder word voor dit gebruik kan word vir besproeiing.

Boere in die streek is hoopvol dat 2019 ’n beter reënval as 2018 sal ervaar en dat die rivier en opgaardamme gevul word met vars water vir besproeiing en sodoende ’n beter oesjaar.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?