Lambertsbaai, die mooiste mooi

Lambertsbaai is een ons bekoorlikste Weskusdorpe – met sy skouspelagtige branders, see, wit strande en sy hartlike, gul mense. Hierdie dorp is die perfekte bestemming as jy ware Weskus-gasvryheid wil ervaar – jy kan lang ente op die strand gaan stap of by een van die heerlike eetplekke gaan eet en ontspan.

Daar is ’n menigte seevoëls en as jy ’n stukkie brood byderhand het, bedel hulle alte graag ’n happie. Soms loop daar ook van die plaaslike inwoners rond wat kreef verkoop, en dit is maar moeilik om nee te sê vir dié smullekker bederf.

In die Lambertsbaai-hawe lê daar bote wat gebruik word vir visvang en ander vir diamantontginning. Gaan maak gerus ’n draai, jy sal nie spyt wees dat jy die Lambertsbaai-omgewing besoek het nie.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?