Laerskool Vredendal se skenking aan Matzikama DBV

Laerskool Vredendal het einde September ’n baie opwindende omgeeprojek geloots. Met baie belangstellings en menigde donasies kan ons met trots sê dat hierdie omgeeprojek suksesvol was.

Volgens Cobus Nieuwoudt, assistent onderwyser by Laerskool Vredendal, het vanjaar se graad 7-leerders besluit om die Dierebeskermingsvereniging (DBV) te help.

“Nie-bederfbare voedsel, ou komberse en handdoeke is ingesamel vir hierdie nie-winsgewende organisasie. Hierdie broodnodige bydraes sal die DBV help om diere beter te versorg in die vakansietyd wat op hande is,” sê Nieuwoudt.

Nieuwoudt voeg by dat Laerskool Vredendal en die Graad 7-leerders graag elke persoon wil bedank wat ’n bydrae gelewer het om hierdie projek suksesvol te maak. Sonder die publiek daar buite sal die projek nie suksesvol wees nie.

Op die foto is die hoofeerderverteenwoordigers en onderhoofleerderverteenwoordigers by die bydraes wat aan die DBV geskenk word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?