Laerskool Vredendal se skaakspelers

Laerskool Vredendal se skaakspelers het ʼn baie bedrywige en uiters suksesvolle derde kwartaal agter die rug. Tydens die aanvang van die kwartaal het vier spanne deelgeneem aan die Bo-Weskus Topskole skaaktoernooi op Vanrhynsdorp.  

Volgens Cobus Nieuwoudt, assistent-onderwyser by Laerskool Vredendal, is die onder 11 en onder 9 spanne van Laerskool Vredendal as kampioene in hul onderskeie ouderdomsgroepe gekroon. Die onder 11B-span het tweede in hul ouderdomsgroep geeïndig.  Die spelers in hierdie drie spanne is elk beloon met ʼn pragtige medalje. Hierdie drie spanne het ook deurgedring om Bo-Weskus Topskole skaak by die Weskus Topskole-skaaktoernooi, te verteenwoordig wat op 5 Augustus op St. Helenabaai plaasgevind het.

“Die onder 11 skaakspan van Laerskool Vredendal is by hierdie toernooi as onder 11 Weskus Topskole skaakkampioene gekroon. Die span het Laerskool Vredendal en Weskus topskole skaak by die Wes-Kaap Topskole Skaaktoernooi op Worcester, 24 – 25 Augustus 2017, verteenwoordig,” sê Nieuwoudt.

Interskole 2017:

Op Donderdag, 10 Augustus het ʼn suksesvolle skaak-interskole teen Laerskool Calvinia plaasgevind. Negentien spelers van Laerskool Vredendal het na Calvinia gereis om aan die interskole deel te neem.  

“Dank aan juf. Louw wat ons hartlik daar ontvang het. Graad 4 – 7 wen feitlik al hul wedstryde en graad 1 – 3 wen met gemengde welslae. Algeheel wen Laerskool Vredendal die skaak-interskole. Die skool wil ook vir elke ouer dankie sê wat die skaakspelers so getrou ondersteun, asook mnre. Erik Geustyn, Dirk Brand en Chris Geldenhuys wat die skoolbus na verskeie skaaktoernooie bestuur het,” sê Nieuwoudt.   

Baie dankie vir die opoffering van julle tyd aan Laerskool Vredendal se skaakspelers. ʼn Spesiale woord van dank ook aan mev. Charmaine Wagenaar wat as beampte tydens die skaaktoernooie diens gedoen het.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?