Laerskool Vredendal-krieket – ’n blink toekoms

Hierdie kwartaal het slegs die o.11- en o.13-span krieketwedstryde gespeel. Hoewel die leerders baie hard geoefen het, kon beide spanne slegs een van hulle vier wedstryde wen. Die skool is agter baie opgewonde oor die toekoms van krieket by die skool, omdat hulle begin het met ’n nuwe projek om hul mini-krieket groter en sterkter te maak.

Danksy die hulp van onderwysers, ouers en selfs hoërskool-leerders het hulle al vier baie goeie oefeningsessies gehad. Leerders oefen in ouderdomsgroepe van o.7, o.8 en o.9 en fokus op die basiese tegnieke van veldwerk, boul en kolf. Onderwysers, leerders en ouers het dit baie geniet en dis lekker om te sien dat almal so opgewonde oor krieket by ons skool is. Die krieketseisoen het nou eers gesluit en word gedurende die vierde kwartaal hervat.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?