Kruie-en-groente-hoenderskotteltjie

Dis wonderlik om te sien hoe ver ’n mens met so ’n hoenderpotjie kan kom. Jy kan natuurlik die hoender en groente opdien met lekker brood om die sousies uit jou bord uit op te vee. Geskep oor rys of kapokaartappels is dit net so lekker.

Bestanddele:

1 heelhoender

1 heel ui

½ suurlemoen

1 rooirissie, in die helfte deurgesny

3 oorloop eetlepels olyfolie

2 gekapte uie

3 gekneusde knoffelhuisies

1 vars gemmerknoets van ongeveer 3 cm, geskil en in blokkies gekap

3 kleinerige selderystingels in blokkies gesny

3 gesnyde preie, net die wit dele

3 wortels, geskil en in sirkeltjies gesny

1 oorloop eetlepel tamatiepasta

’n goeie handvol gekapte pietersielie

1 liter hoenderaftreksel

Sout en peper na smaak

Metode:

  1. Sit die heelui, halwe suurlemoen en twee helftes rissie in die holte van die hoender.
  2. Braai die gekapte uie in die olyfolie in ’n lekker, groterige swaarboompot.
  3. Voeg die knoffel, gemmer en die res van die groente en pietersielie by en laat so ’n paar minute lank sweet.
  4. Sit die hoender op sy groentebedjie en gooi die aftreksel by.
  5. Sit die pot se deksel op en laat vir so ongeveer een en ’n half tot twee uur lank kook. (Dit sal alles afhang van hoe groot jou hoender is.)
  6. Proe en geur met sout en peper na smaak.
  7. Haal die hoender uit en plaas dit versigtig in ’n opdienskottel. Skep die groente met ’n gaatjieslepel uit sodat die sous in die pot agterbly en rangskik rondom die hoender.

Jy kan nog ’n bietjie vars gekapte pietersielie byvoeg voordat jy dit opdien met brood, rys of kapokaartappels.

Resep verskaf deur Toorkombuis. Vir nog smullekker resepte besoek Toorkombuis se webtuiste by toorkombuis.co.za/

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?