Krotoa palm nog ’n toekenning in

Krotoa is dalk reeds klaar gedraai by fliekteaters, maar die fliek kompeteer steeds vir toekennings en het al nege internasionale toekennings opgeraap.

Krotoa het sy negende internasionale toekenning verower by die Montreal International Black Film Festival in Kanada, onder meer vir Beste Verhaal. Die 13de Montreal International Black Film Festival was van 27 September tot 1 Oktober 2017 en het die wenners in al die kategorieë aangekondig aan die einde van die fees se seremonie op Sondag 1 Oktober. Die wenners is gekies deur ’n professionele beoordelaars-span. Ander flieks wat meegeding het was Carpinteros, deur José Maria Cabral (République Dominicaine); Kalushi – The Story of Solomon Mahlangu, deur Mandla Dube en Dabka, deur Bryan Buckley.

“Ons voel baie geërd dat hierdie belangrike storie oor ’n uitsonderlike vrou in ons geskiedenis hierdie toekenning ontvang het,” sê Roberta Durrant, die fliek se regisseur.

Krotoa is ook gekies as die gala aand se openingsfliek by die Toronto Suid Afrika Internasionale Filmfees wat gehou gaan word op 14 & 15 Oktober in Toronto, Kanada. Die skrywer, Kay Ann Williams en Crystal-Donna Roberts (Krotoa) sien uit daarna om in te Skype van Suid-Afrika vir die vraag-en-antwoordsessie na die film gewys word.

Shoreline Entertainment in California, VSA, het ook onlangs dié fliek geteken vir internasionale verspreiding.

Die fliek se 7 weke speelvlak in Suid-Afrikaanse teaters is tans klaar en dit sal van 27 November beskikbaar wees om te huur. Die DVD sal ook beskikbaar wees om in winkels te koop en aanlyn van 1 Desember.

Krotoa is vervaardig deur die SAFTA toegekende film maatskappy, Penguin Films, in samewerking met kykNET en is versprei deur Ster-Kinekor.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus, artikels en smullekker resepte, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?