Koekenaap Rangers FC se uitslae

Op Saterdag, 2 September het die manne van Koekenaap Rangers FC ʼn sokkertoernooi gehou en gasheer gespeel vir Olympics FC van Okiep.

Die uitslae van die wedstryde is as volg:

Groep A:

  • Rangers FC klop Lutzville United met 7-0.
  • Rangers FC klop Arrows FC met 7-1.
  • Lutzville United klop Arrows FC met 6-5.

Groep A se wenner was Rangers FC.

Groep B:

  • Olympics FC klop Future Builders met 1-0.
  • Olympics FC klop Arcadian Shepherds met 2-0.
  • Arcadian Shepherds klop Future Builders met 2-1.

Groep B se wenner was Olympics FC.

Volgens Cupido Swarts, bestuurslid van Koekenaap Rangers FC, was die finale wedstryd tussen Rangers en Olympics ʼn tipiese uitklop-sokkerwedstryd.

“Olympics het met rustyd 2-0 voorgeloop maar Rangers het egter teruggeveg en die telling tot 3-2 laat krimp. Met ongeveer 7 minute oor, is ʼn strafdoel aan Rangers toegeken,” sê Swarts.

Swarts voeg ook by dat die die prysgeld gelykop tussen verdeel was na die beraadslagging tussen die twee klubs en almal wat deelgeneem het het die dag geniet en het bygevoeg dat die dag vrugtevol was.

 

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?