Klawer-wynkelder se voortreflike wyn

Klawer-wynkelder is die poort na die Olifantsriviervallei en bied ’n warm en vriendelike welkom aan besoekers. Net buite die dorp en ’n klipgooi van die N7-roete oorheers die indrukwekkende fasade van die Klawer-wynkelder. Middagetes vir groot groepe kan hier aangebied word, maar besprekings moet vooraf gemaak word.
Die kelder se doel is om voortreflike wyne te produseer deur die beperkte produksie van kultivars soos Shiraz, Sauvignon Blanc en Pinotage. Die Klawer-wyne sluit in ’n omvattende verskeidenheid droë wit en rooiwyn, asook vonkelwyn, semi-soet, spesiale laatoes en nageregwyne.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?