Klawer Hotel se aanbiedinge

By die Klawer Hotel kan jy ontspan in ’n omgewing wat jou siel gou sal genees. Tussen berg en wingerd, waar die wilde blomme groei – dit is waar dié hotel aan al jou behoeftes sal voldoen.

Van die stoep het besoekers ’n pragtige uitsig oor die Klawerberge, landerye en wingerde. Die Klawer Hotel bied veilige parkering met elektroniese hekke toegesluit vir u beskerming. Daar is ’n pragtige swembad, ’n à la carte-restaurant met ’n grootskerm-TV en ’n kroeg op die perseel.

 

Klawer Hotel het 22 kamers. Almal is toegerus met uitstekende geriewe vir die gemak van besoekers.

 

Verblyf by die hotel sluit in:

Kamers vir rokers en nie-rokers, DStv en M-Net, en-suite stort of bad, lugversorging en verwarmers, swembad met braaigeriewe, à la carte-restaurant en kroeg, veilige parkering (geen vragmotors) en telefone in hotelkamers.

 

Sedert Moorrees en sy familie Klawer Hotel in 2003 oorgeneem het, is die hotel opgeknap met die toevoeging van ’n restaurant. Hierdie restaurant is genoem na sy dogter, Margo, en bedien kos uit die boonste rakke. Margo’s Restaurant is oop van Maandag tot Saterdag, 18:30 tot 22:30. Dit is gesluit op Sondae.

 

Margo’s Restaurant het ’n volledige à la carte-spyskaart en sluit in alles van sappige geroosterde biefstuk tot pizza’s in ’n outentieke houtvuur-pizza-oond. Moorrees is ook die uitvoerende sjef en is sedert die 1970’s in die voedselbedryf.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?