Klawer Advieskantoor se gemeenskap-fondsinsamelingsprojek

Klawer Advieskantoor, in samewerking met Nieuwoudt Primêre Skool op Klawer, is tans besig met ’n gemeenskap-fondsinsamelingprojek, om ʼn belowende rieldans-groep van Klawer, genaamd Stoftrappers, se droom waar te laat word en om na die Nasionale Rieldans-kompetisie op Saterdag, 2 Desember in die Paarl, te gaan.

Volgens Andre Joubert, kantoorbestuurder by Klawer Advieskantoor en koördineerder van die toergroep, is die rieldans kulturele verrykingstoer en opvoedkundige uitstappies van Vrydag, 1 Desember tot Sondag, 3 Desember.

“Ons beplan om die Vrydag te reis na die Kasteel De Goede Hoop en Iziko Museum, te Kaapstad,” sê Joubert.

Joubert voeg ook by dat die doel van die kulturele toer en opvoedkundige uitstappie as volg is:
Om ons jeugdige leerders uit die die siklus van dwelms, misdaad te laat kom, deur hulle aktief te hou deurmiddel van rieldans-aktiwiteite.
Om talentvolle skoolgaande leerders aan te moedig om bo hul omstandighede uit te styg, deurmiddel van rieldans – leiding, ondersteuning en vaardigheidsontwikkeling.
Om goeie waardes, respek en dissipline te kweek, oor te dra en in te skerp.
Om inheemse kultuurdanse in ere te herstel en diepte in die plaaslike rieldansgroepe vir die toekoms te verseker.
Om alternatiewe metodes vir gesonde ontspanning te skep, om sodoende die jeug positief te beïnvloed.

“Die leerders se grootste droom is om in 2018 deel te neem aan die rieldans-kompetisie en dat hulle regdeur 2017 dans sodat hulle, hulself kan voorberei vir volgende jaar en ons wil verseker dat die kinders genoeg eerstehandse blootstelling kry tydens hul toer na die finale rieldans-kompetisie in die Paarl,” sê Joubert.

“Ons wil ook die dansers se liefde en aptyt vir die inheemse kultuurdanse inspireer en om ook te sorg dat hulle die opwinding van die dag geniet. Sulke geleenthede is skaars – ons wil die leerders se lewensuitkyk verander,” voeg Joubert by.

“As gevolg van ’n tekort aan finansies is dit egter nie moontlik om ons doelstellings te verwesentlik nie en ons benodig ’n kontant donasie van R2000 wat aangewend sal word vir die vervoeruitgawes van die deelnemers,” sê Joubert.

Dit is die leerders se grootste droom om die finale rieldans-kompetisie in die Paarl by te woon so indien enige een dalk ’n skenking of kontantdonasie wil maak, kan jy Andre Joubert, kantoorbestuurder by Klawer Advieskantoor en koördineerder van die toergroep kontak by 073 773 7836 of by 027 216 1264.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?