Kerriepoeier met ietsie ekstra

As jy eers die kuns verstaan om jou eie speserymengsels vars te maal, sal jy gou agterkom jy het nie veel meer nodig nie.

As jy nie een kan kry nie, koop ’n tweede koffiemeultjie en gebruik hierdie een net vir jou speserye. Moenie die een wat jy vir jou koffiebone gebruilk, vir jou speserye gebruik nie. Jou koffie gaan na speserye smaak en jy gaan beslis ’n koffiegeurtjie in jou speserye optel.
’n Stamper en vysel werk ook goed, maar daarvoor het jy tyd nodig en baie van ons het nie daardie weelde om dinge langsaam te doen nie.

Die sukses van jou kerrie hang grotendeels af van die speserye wat jy gebruik. Daar’s niks fout met gekoopte kerriepoeier nie, maar jou kerrie sal net daardie ietsie ekstra hê as jy jou eie kerriepoeier maak.

Bestanddele:
2 eetlepels komynsaad
2 eetlepels fenugriek
1/2 eetlepel mosterdsaadjies
1 eetlepel swartpeperkorrels
8 eetlepels koljandersaad
1 eetlepel papawersaad
1 eetlepel fyn gemmer
1 teelepel rissiepoeier
2 eetlepels borrie

Metode:
Voeg alles saam en maal fyn in ’n speserymeultjie. Gebruik ’n koffiemeul wat ek net vir my speserye gebruik.

Resep verskaf deur Toorkombuis. Vir nog smullekker resepte en kookwenke, besoek Toorkombuis se webtuiste by toorkombuis.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?