Kennisgewing van Matzikama-munisipaliteit

Die volgende boodskap is deur die Matzikama-munisipaliteit uitgereik. Nadat verskeie versoeke en klagtes ontvang is rakende verkeersopeenhopings in die omgewing van Akasia- en Hoekstraat, Vredendal-Suid, is die aangeleentheid ondersoek en is die munisipale raad van voorneme om die volgende veranderinge aan te bring ten einde veilige en egalige vloei van verkeer te verseker.

i) Verkeer vanaf Vredendal-Noord na Vredendal-Suid: Geen regs draai sal toegelaat word op die brug vanuit Voortrekkerstraat na Akasiastraat nie.

ii) Verkeer vanaf Vredendal-Suid na Vredendal-Noord: Links draai sal toegelaat word voor die brug vanuit Voortrekkerstraat na Hoekstraat en Akasiastraat. Hoekstraat bly onveranderd as ’n eenrigtingstraat.

iii) Verkeer in Akasiastraat:
’n Toegee-teken sal in Akasiastraat by die draai aangebring word ten einde verkeer te reguleer wat die pad moet kruis na die parkeerterrein. U samewerking word waardeer in hierdie verband.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?