Kantel of Keerpunt – Gesinsboodskap van hoop

Op Woensdag, 25 Oktober gaan lede van die sakekamer op Vredendal in samewerking met Radio Namakwaland, Ons Kontrei en Burre Burger van die droogtehulpfonds-projek ’n openlike funksie hou. Die geleentheid gaan plaasvind by die NG Moedergemeente kerk op Vredendal en begin om 18:30 begin.

Volgens Koos Lombaard, algemene verkoopsbestuurder by Coca Coca Peninsula Beverages, gaan daar verskillende sprekers wees wat by die geleentheid gaan gesels oor probleme in die Matzikama-streek.

“Ons gaan ook gesels oor die droogte wat ons tans ondervind en ons gaan ook ander menslike probleme bespreek,” sê Lombaard.

Hier is hoe die program van die kantel of keerpunt lyk:

Datum: 25 Oktober

Tyd: 18:30

Plek: NG Moederkerk Vredendal

Wie: Interdenominaal

  1. Voorsang: Musiekbediening onder leiding van Elrine Smith
  2. Verwelkoming: Bernard Lamprecht
  3. Voorstel spreker en bedankings: Dr. Braam Hanekom
  4. Voorsang: Musiekbediening onder leiding deur Elrine Smith
  5. Tema: TBC
  6. Voorstelspreker: Mnr. Pieter Beukes
  7. Tema: Die Mieliepit
  8. Voorsang: Afsluiting/Oorwinningslied
  9. Verversings: Vind plaas by die kerksaal  

Vir meer inligting kontak Koos Lombaard by 082 800 8567 of 027 201 1106

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?