Kantel of Keerpunt – gesinsboodskap van hoop

Op Woensdag, 25 Oktober gaan lede van die sakekamer op Vredendal in samewerking met Radio Namakwaland, Ons Kontrei en Burre Burger van die droogtehulpfonds-projek ’n openlike funksie hou. Die geleentheid gaan plaasvind by die NG Moedergemeente kerk op Vredendal en begin om 18:30 begin.

Volgens pastoor Reggie Strauss van die Vredendal Volle Evangelie kerk is daar ’n boodskap van hoop en dis bedoel vir almal in die Matzikama-streek.

“Dr. Braam Hanekom van Kaapstad gaan met ons praat oor die tema, kantel of keerpunt, krisis of konflik en ’n boodskap van hoop en as deel van die dieselfde program praat mnr. Pieter Beukes, ’n boer van Caledon oor die mieliepit en dit is ’n boodskap wat hy spesiaal vir hierdie streek moet aflewer.

Pastoor Strauss voeg ook by dat die samesang staan onder leiding van Erine Smith en na afloop van die program is daar verversings in die kerksaal.

“Wees asseblief daar, dit is een afspraak wat ons nie mag mis nie”, sê pastoor Strauss.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?