KANSA Sorgsentrum ondersteun Namaqua Daisy Challenge

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) Sorgsentrum wat op Vredendal geleë is, gaan op Saterdag, 5 Augustus, die Namaqua Daisy Challenge ondersteun deur ’n stalletjie by Die Keldery op te rig. Die stalletjie sal reeds om 7:30 oop wees vir verkope en dienste.

Volgens Adele Maass, projek-organiseerder van Kansa in die Matzikama- en Cederberg-streek gaan Karlien Wessels, die klinieksuster van Kansa, gesondheidsdienste aanbied soos om bloeddrukmetings te neem, vingerprikke om mans te toets vir prostaat spesifieke antigeen (PSA) teen R80 en vele meer.

“Kansa se produkte sal ook beskikbaar om te koop wees soos fietsrysokkies, ‘wraps’, cuppa bekers en daar sal ook ’n mini shavathon wees, waar koppe teen R10 gespuit kan word,” sê Maass.

Maass voeg ook by dat Kansa in Augustus die pienkbome vir die Pauline-projek sal loods en daarom sal daar pienk lappe by die stalletjie beskikbaar wees. Meer inligting oor hierdie projek en ander projekte wat later vanjaar sal plaasvind, sal binnekort bekend gemaak word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?