Kanker bewuswording by leerders van Laerskool Nieuwoudtville

Deur middel van ‘n storie is die leerders bekend gestel aan die vroeë waarskuwings tekens van kanker by kinders.
Op 24 Maart het Cathy Louw en Sarie Willemse die skool besoek om die inligtingsessie aan te bied. Erika Kotzé was die fotograaf.
Die hele skool se leerders het die sessie in die skoolsaal bygewoon. Die tekens is verduidelik met behulp van Lulu; ‘n pop, asook liedjies, dans en stories.

LULU staan vir Love Unfolds Let’s Unite. Lulu die pop dra ‘n pruik want ‘n mens se hare val mos uit tydens behandeling. Onthou kanker is nie aansteeklik nie.
Waarskuwingtekens:

• ’n Wit kolletjie pêrel in een of beide ogies, skielike skeelheid, blindheid of uitpeuloë; swelling van die oog; balans probleem; sukkel om te sien
• Gewigsverlies, bleekheid, herhaaldelike en onverklaarbare moegheid en maklike bloeding of kneusing; onverklaarbare bloukolle en aanhoudende koors
• Pyn in die rug, bene, gewrigte en maklike breuke
• Neurologiese tekens, soos verandering in balans of spraak, agteruitgang in ontwikkeling of; teruggaan in liggaamlike of skolastiese vordering; sukkel om te loop; nie honger
• ’n Vergrote kop of swelling van die kop en hoofpyn vir langer as twee weke en naarheid
• ’n Knop in die onderlyf of aan die nek, kop, ledemate, kliere of testikels; swelling in jou nek of kieliebak (oksel); harde swelling van of in die buik; swelling in die lieste; swelsel of knoppe aan die bene

Die leerders het die sang, dans en stories baie geniet. Die sessie is afgesluit waar die leerders vrae kon antwoord asook ‘n groot groepsdrukkie. Al die inligting om die tekens te verstaan is op CD’s wat by die skool gelaat is.
Vir meer inligting kontak vir Cathy. Cathy doen ook bewuswording as Radio Omroeper by NetRadioSA. Luister na Lulu se storie elke 4de Woensdag 15h00 tot 16h00. Cathy of Rooikop soos meer mense haar dalk sal ken, het ook lank gewerk by CHOC. 0813551603 of 0813853911 of cathy@netradiosa.co.za

Deur middel van die bewusmakingsessie kan leerders en onderwysers moontlik die tekens van kanker raaksien. Daardeur kan die siek kind dan betyds mediese hulp kry voordat die kanker in so ‘n gevorderde stadium is waar die kans op genesing skraler raak.
Personeel van Nieuwoudtville se kliniek het ook die sessie bygewoon en dit kan hul ook help om pasiënte te help.

Figure 1- Cathy en Sarie op die verhoog besig om stories te vertel

Figure 2 – Cathy demonstreer deur middel van dans die tekens

Figure 3 – Leerders van Laerskool Nieuwoudtville

Figure 4 – Lulu dans ook saam

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?