Kanaal-skoonmaak op Ebenhaeser

Raadslid Amelia Job van Ebenhaeser se wyk twee het verlede week saam met die inwoners en grondeienaars van Ebenhaeser ingespring en ’n deel van die kanaal skoongemaak. “Water is lewe” is haar boodskap aan die gemeenskap en met waterbeperkings wat Matzikama in die gesig staar, doen sy ’n beroep op die publiek om saam te werk en elke moontlike druppel water te spaar.
Sy moedig inwoners aan om eienaarskap te neem en glo dat as elkeen sy deel doen, daar baie meer bereik sal word en dit geld op alle gebiede.

Bron: Elizna Mouton

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?