Kaaspoffertjies

Kaaspoffertjies is ’n heerlike versnapering wanneer jy ’n fliek kyk, mense oorgenooi het of sommer net as jy lus is vir iets lekker. Hieronder volg ’n heerlike kaaspoffertjie resep.

Bestanddele:

½ koppie melk
1 eier, liggies geklits
2 koppies gerasperde kaas
1 koppie bruismeel
3 spek repe, klein gesny
1 ui, baie fyn gekap

Metode:

Voorverhit die oond na 200 grade.
Klits die melk en eier in ’n groot bak.
Gooi die res van die bestanddele by en meng goed.
Sit bakpapier in ’n oondbak en skep groot lepels van die beslag in balletjies in die bak.
Plaas dit in die oond vir 20 minute of tot dit lekker bruin bo-op gebak is.

Geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?