Jongste oor Clanwilliamdam-projek

’n Kontrakteur gaan straks eersdaags aangewys word vir die Clanwilliamdam-projek. Die doel van die projek is om die damwal hoër te maak om meer kapasiteit te skep. Die geraamde bedrag vir die projek is R2.2 biljoen, met die uitsluiting van die verskuiwing van die N7-snelweg.

Volgens Archie Rutherford, hoof uitvoerende beampte van Motheo Construction, het die maatskappy se siviele afdeling onlangs vir verskeie projekte getender, waaronder die Clanwilliamdam-projek. Die tender sal na verwagting binnekort toegeken word.

ʼn Klein toename in siviele tenders, private sektor projekte en ʼn onlangse ontwikkelingsooreenkoms met ʼn multinasionale konstruksie groep, het verseker dat die konstruksiegroep Motheo Construction goed geplaas is vir toekomstige groei.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?