Jeugaand by AGS Vredendal

Op Vrydag, 5 Mei, is daar ’n jeugaand om 19:00 by die AGS Oase-kerk in 7 Diamantstraat, Vredendal.

 

Die tema vir die aand is ‘Hou jou oë gerig op die wenpaal’. Net soos ons na ons fisieke liggame omsien, moet ons ook sorg dat ons geestelik “fiks” is om struikelblokke te oorkom. Die jeug gaan onderwerp bespreek en mekaar uitdaag om elke dag voluit aan te pak.
Kom geniet die aand saam met One80 Degrees Youth. Alle graad 7- tot 12-leerders is welkom om die aand saam te geniet. Bring iemand saam en kom deel in hierdie kosbare geleentheid.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?