Jason Jacobs voeg regisseur by sy naam

Jason Jacobs, oudleerder van Vredendal Senior Sekondêr, hou deesdae sy lyf regisseur óók. Jacobs is ’n 25-jarige teatermaker, skrywer, akteur en stemafrigter, wat grootgeword in Kharkams. Ná Vredendal Senior Sekondêr, het hy ’n graad in teateropvoering aan die Universiteit Kaapstad verwerf, asook ’n honneursgraad in drama. Dit blyk asof Jason deesdae ’n nóg voller skedule het.

Jason is tot einde vandeesmaand besig met ’n splinternuwe teaterproduksie, Dans van die Watermeid. Hierdie produksie speel af in ’n klein dorpie genaamd Willowmore, in die Groot Karoo. Dit vertel van Willowmore se inwoners wat gelowig en nog meer bygelowig is, veral oor die mite van die Watermeid wat verlossing bring.

Theresa Smith, resensent vir die Weekend Special (’n kunste- en leefstylwebtuiste), was beïndruk Jason se talent – wat duidelik belofte getoon het veral ná produksies soos Kalahari swaan.

“Hy beeld die nadelige effekte van kindermishandeling wat ongesiens verbygaan, baie goed uit in Dans van die Watermeid,” vertel Smith.

’n Teaterganger, Andries Burger, sê: “Dit was ’n uitmuntende produksie en die akteurs was van top gehalte.”

Jarelange vriend van Jacobs, Adrian Mckenzie, vertel dat hy vir die eerste keer die afgelope naweek ’n produksie kon bywoon waarby Jacobs betrokke is.

“Jason is voorwaar geseënd met sy talente. Ek glo dat almal in die Matzikama-streek sy voorbeeld kan volg en hul drome ’n realiteit maak,” sê Mckenzie.

Jacobs het ook sy verjaarsdag die afgelope naweek gevier en sê die sukses van die produksie is definitief een van die beste geskenke!

Dans van die Watermeid is tot 25 November by die Baxter Teater in Kaapstad te sien. Kaartjies beloop om R120 en is beskikbaar by Computicket.

Vir meer inligting oor Jacobs besoek sy webtuiste by www.jasonjacobs.co.za. Só het ons vroeër die jaar oor Jason Jacobs berig: http://mymatzikama.com/vredendaller-bereik-nuwe-hoogtes/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?