Jack Parow: ‘Die Kliek’ se nuwe aanbieder

Die gewilde realiteitsreeks, Die Kliek, wat op VIA-kanaal 147 uitsaai, kry in 2018 ’n nuwe baadjie wanneer Jack Parow die leisels oorneem as aanbieder.

Jack Parow sien uit na die nuwe uitdaging en sê dat hy dit geniet om mense te hap met sy sarkastiese sin vir humor en glo dat hy homself goed van dié taak sal kwyt. Parow glo dat Die Kliek die perfekte platform vir hom is om bietjie laf te raak, sonder om in die moeilikheid te kom.

Wanneer hy gevra word oor hoe hy dit sal hanteer wanneer deelnemers oor die nuwe aanbieder “uitfreak”, sê hy dat hy nie te bekommerd is oor die deelnemers met sterre in hul oë nie, “As jy eers 15 minute met my gepraat het, kom jy agter ek’s net nog ’n bra.”

Maak seker jy skryf in om deel te wees van al die manewales wat voorlê by diekliek@gmail.com.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus en artikels, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?