Invincible RVK se vriendskaplike wedstryde

Op Vrydag, 2 Junie, het die manne van Invincible RVK vriendskaplike rugbywedstryde gespeel. Hierdie wedstryde het op Vredendal-Noord se sportterrein plaasgevind. Die manne in swart en wit het gasheer gespeel vir Majestics van Citrusdal.

 

Invincible RVK se A-span het met 24-19 teen Majestic se A-span verloor. Majestics se B-span het ook Invincible RVK met 34-17 geklop. Dit was beslis goeie wedstryde en die manne van Majestics het kom wys dat hulle in die streeksuitdaag-liga hoort. Die wedstryde is deur baie ondersteuners bygewoon en rugby het op die aand geseëvier.

 

Inivincible RVK wil Majestics bedank vir die opkoms aangesien dit die manne as ʼn span baie help met die voorbereiding vir die tweede rondte. Majestics het dit net weer beklemtoon dat daar nie ʼn plaasvervanger vir fiksheid en snelheid is nie. Soos daar gesê word, die tier is pragtig as hy slaap, maar baie gevaarlik as hy wakker is. Eerskomende naweek gaan hulle kragte meet met die Lions van Nieuwoudtville op Vredendal-Noord se sportterrein.

 

Bron: Hilton Skippers, Invincible RVK-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?