Invincible RVK reis na Lambertsbaai

Op Saterdag, 24 Junie, gaan die manne in swart en wit van Invincible RVK na die koue Lambertsbaai reis vir nog ʼn dag van aksiebelaaide rugby. Die manne gaan kragte meet teen Marines van Lambertsbaai op Lambertsbaai se sportterrein.

 

Die tye van die wedstryde is as volg: die B-span se afskoptyd is om 14:45 en die A-span gaan om 16:00 opdraf. Die toegangsfooie beloop R5 vir skoliere, R10 vir volwassens en R10 vir voertuie. Die manne sien baie uit om weer met die tweede rondte van die rugbyliga te begin. Maak seker jy is langs die kantlyn om jou gunsteling span te ondersteun.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?