Invincible RVK reis na Citrusdal

Die manne in swart en wit van Invincible RVK van Vredendal gaan op Saterdag, 29 Julie, na Citrusdal reis om kragte te meet teen Citrusdal-rugbyklub. Die wedstryde gaan plaasvind op die sportterrein op Citrusdal.

Die wedstryde se tye van die A-en-B-span is as volg: Die B-span gaan om 14:45 afskop en die A-span se wedstryd gaan om 16:00 begin.

Volgens Hilton Skippers, hoof-afrigter van Invincible RVK, is Saterdag se wedstryde ʼn moet-wen om aanspraak te maak op die tweede plek in die Boland Noord-Weste liga, met Doringbaai wat op Saterdag, 22 Julie, die eerste plek verower het.

“Invincible kon nog nie weg wedstryde op Citrusdal wen nie so eerskomende Saterdag se wedstryde sal die manne hard moet speel om hul plek in die liga te verseker,” sê Skippers.

Skippers voeg ook by dat die afrigter-span ʼn beroep op die spelers wil doen om oefeninge stiptelik by te woon om ʼn sukses te maak van die oorblywende vyf wedstryde wat nog gespeel moet word.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?