Invincible RFC terug op eie bodem

Eerskomende Saterdag gaan Invincible RFC weer terug wees op eie bodem in Vredendal-Noord vir nog ’n dag van aksiebelaaide rugby.

 

Dié keer gaan Invincible kragte meet teen Attackers van Graafwater op Vredendal-Noord se sportterein (Jive Park). Die wedstryde gaan soos volg begin: B-span gaan afskop om 14:45 en die A-span gaan om 16:00 begin. Die toegangsfooie sal soos volg wees: R5 vir skoliere, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Daar sal ook verversings te koop wees.

 

Gaan maak ’n draai en ondersteun jou gunsteling span. Sterkte aan beide spanne en mag die beste spanne die wedstryde wen.
Bron: Invincible RFC, Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?