Invincible RFC speel in goeie gees

Op Vrydag, 9 Junie, het die manne in swart en wit van Invincible RFC gasheer gespeel vir die Young Lions van Nieuwoudtville op Vredendal-Noord se sportterrein. Albei spanne van Invincible RFC het hierdie wedstryde gewen.

 

Die A-span van Invincible RFC het die Young Lions met 27 – 25 geklop en die B-span van Invincible RFC die wedstryd teen die Young Lions met 20 – 0 gewen. Dit was beslis ʼn lekker wedstryd en albei was in ʼn goeie gees gespeel. Daar was ook geen ernstige beserings gedurende die wedstryde opgedoen nie. Die manne in swart en wit gaan eerskomende Saterdag na Nieuwoudtville reis om weer eens kragte te meet met die Young Lions.

 

Bron: Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?