Invincible RFC se spelers is tops

Op Saterdag, 22 April, het die manne van Invincible RFC kragte gemeet teen die manne van Delicious-rugbyklub van Clanwilliam en dit was beslis goeie wedstryde gewees.

 

Die tellings van die wedstryde is as volg: Invincible se A-span het Delicious met 25-13 geklop. Die puntemakers vir die A-span: drieë deur Melville Messent, Quinville Maasdorp en Greg Bok. Cervin Job en Ashwin Oordman verdoel elk ’n drie. Cervin Job het ook twee strafskoppe oorgesit.

 

Invincible se B-span het Delicious met 8-7 geklop. Drieë: Andrew Phillips. Allistair Engelbrecht het ’n strafskop oorgesit.

 

Die C-span Delicious het Invincible RFC met 19-0 geklop. Hierdie wedstryde was beslis die moeite werd gewees om te kyk. Hierdie spelers het weer eens bewys hoe daar rugby gespeel word en hulle kan trots wees op hulself.

 

Alle ondersteuners van beide spanne het die wedstryde geniet en het die manne met goeie gees ondersteun. Baie geluk aan al die spanne, die beste manne het die wedstryde gewen.
Bron: Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigter.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?