Invincible RFC meet kragte teen Leopards

Saterdag gaan die manne in die swart en wit van Invincible RFC weer reis na Algeria vir nog ’n dag propvol aksiebelaaide rugby. Hierdie keer gaan die manne kragte meet teen die Leopards-rugbyklub van Algeria.

 

Die vervoerkoste beloop R100 per speler asook ondersteuners en die vertrek tyd is 11:30. Die wedstryde gaan plaasvind op Algeria se sportterein. Die afskoptye van die wedstryde is as volg: B-span begin om 14:45 en die A-span skop af om 16:00. Die skeidsregters wat die wedstryde gaan beheer, is Tony Linnert (Shorty), (A-span) en John Benson (B-span).

 

Maak seker jy woon hierdie wedstryde by. Gaan ondersteun jou gunsteling spanne. Mag die beste spanne die wedstryde wen en julself asook julle ondersteuners trots maak.
Bron: Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?