Internasionale Vrywilligersdag

Internasionale Vrywilligersdag (IVD) word elke jaar op 5 Desember gehou. Die doel van die dag is om geleentheid te gee aan vrywilligers en ook organisasies om hul pogings en harde werk deur die jaar te vier en om ook hul waardes en rol in die gemeenskap te bevorder.

Volgens www.un.org/en/events/volunteerday/ is die tema van vanjaar se Internasionale Vrywilligers dag Vrywillgerswet Eerste. Hier. Oral.

Die Verenigde Nasies se vrywilligersprogram (UNV) is gemagtig om IVD-vieringe wêreldwyd te ondersteun en te bevorder. Afgesien van die mobilisering van duisende vrywilligers elke jaar, dra UNV by tot vrede en ontwikkeling deur te pleit vir die erkenning van vrywilligers en om saam met vennote te werk om vrywilligerswerk in ontwikkelingsprogrammering te integreer. Elke jaar dien meer as 6 500 VN-vrywilligers met VN-entiteite in sommige van die mees uitdagende omgewings regoor die wêreld en 12,000 VN-vrywilligers voltooi meer as 20,000 opdragte aanlyn via die UNV Online Volunteering diens.

Internasionale Vrywilligersdag erken die bydraes van vrywilligers regoor die wêreld in tye van ’n krisis. Vrywilligers is altyd betrokke en help altyd waar hulle kan. Hulle is ook teenwoordig by enige noodgeval, is daar in tye van nood om lewens te red en ondersteun diegene wat steun nodig het.

Vrywilligers help ook mense wat geraak word deur konflik, geweld en humanitêre krisisse. Vrywilligers durf baie gevare aan om ander te help, en help om ’n verskil te maak. Hierdie jaar bevorder IVD die bydraes van sulke vrywilligers op plaaslike, nasionale en internasionale vlak.

Op 5 Desember vier mense oor die hele wêreld IVD met optredes, parades, vrywillige skoue, groepskoonmaak, bloedskenkings, konferensies, uitstallings, fondsinsameling, werkswinkels en vrywillige erkenningsgeleenthede.

Wil jy ook deel wees van hierdie vrywillige werk? Besoek plekke in die Matzikama-streek soos die Olifantsrivier Vereniging vir Persone met Gestremdhede (OVPG) en bied aan om tyd met die personeel en die persone met gestremdhede deur te bring. Jy kan ook Matzikama Dierebeskerming (DBV) besoek en produkte skenk wat geskik sal wees vir al die diere of neem ’n dier aan wat op soek is na ’n liefdevolle huis. Jy kan ook aanbied om by jou plaaslike hospitaal vrywillige werk te doen, ook Onse Kaia op Vredendal-Noord besoek en items soos klere, skoene en vele meer skenk aan die hawelose persone wat daar woon.

Wat doen jy vir Internasionale Vrywilligersdag? Deel jou storie met ons deur vir ons ’n Facebook-boodskap te stuur of ’n e-pos na mymatzikama@lumico.co.za. Jou bydrae vir Internasionale Vrywilligersdag kan ’n groot verskil maak.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017. Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?