Interkerklike jeug-en kinderkonferensie met ʼn verskil

Die AGS Oase kerk op Vredendal het van Vrydag, 27 Oktober tot Sondag, 29 Oktober ʼn interkerklike jeug-en kinderkonferensie met ʼn verskil vir alle leerders van graad R tot graad 12 en dit gaan baie opwindend wees.

Volgens Kal Louw, lidmaat van die AGS Oase kerk, kan kinders die volgende verwag:
lofprysing en aanbidding met ʼn orkes, woordbediening ʼn poppekas-vertoning en jeugbediening wat almal geestelik sal toerus om ʼn positiewe verskil en impak te maak in jou verhoudings met die mense rondom jou, jou skool en by die huis. Kinders wat die konferensie gaan bywoon, kan ook interaktiewe aktiwiteite en hope pret verwag.

“Die konferensie is uniek omdat Pieter Jordaan van Bloemfontein die lof en aanbidding gaan lei, pastoor Ernest Potgieter van Standerton gaan die jeugbediening waarneem en pastoor Chris Morey van Gordonsbaai gaan die kerkbediening waarneem,” sê Louw.

Louw voeg ook by dat die konferensie op die perseel van die AGS Oase kerk aangebied sal word. Daar sal ook die Vrydagaand flieks gekyk word.

“Kinders wat verkies om Vrydag en Saterdag by hul huise te oornag, is ook welkom om die konferensie by te woon en kinders wat verkies om by die kerksaal te slaap moet hul eie slaapsakke en beddegoed saambring,” sê Louw.

Koste beloop R150 per kind en sluit alle etes en verversings in. Vir meer inligting en om kaartjies te bespreek kontak Marika Louw by 076 487 8422 of stuur ʼn e-pos na die kerkkantoor by ags@mweb.co.za.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?