Interessante feite oor Vredendal en sy geskiedenis

Vredendal lê op die Olifantsrivier sowat 370 km noord van Kaapstad op die R27 en is die streek se grootste dorp met ’n bevolking van sowat 20 000. Die dorp se ekonomie is gegrond op myn- en landbou.

Die Olifantsrivier het dit moontlik gemaak vir boere om druiwe, aartappels, tamaties, uie, pampoene, waatlemoene en soetlemoen in die streek te verbou.

Vredendal het een van die land se grootste koöperatiewe wynkelders, ’n moderne druiwesapkonsentraatplant en florerende gedroogde vrugte- en blikkiesbedryf.

Die dorp was oorspronklik bekend as Bakkeley Plaats, blykbaar as gevolg van ’n onderonsie tussen die Hollanders en die Khoi in 1668. Toe vrede verklaar is, is die naam verander na Vreedensdaal – vallei van vrede.

Bron: Namaqua West Coast

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?