Inskrywings vir SAFTAS 12 nóú oop

Die lang verwagte inskrywings vir die 12de Suid-Afrikaanse Film- en Televisie-toekennings (Saftas) is tans oop.

Alle belangstellendes word aangemoedig om op die webtuiste in te skryf by www.saftasonline.co.za. Die sluitingsdatum is 16 Oktober 2017.

“Dit is noodsaaklik om na elke uitgawe van die Saftas ondersoek in te stel om sodoende moontlike maniere te vind om die program te verbeter en deurlopende groei te verseker. Na die afloop van Saftas11 het die komitees van Adhoc en Saftas bymekaar gekom en die kategorieë bewerk en verminder. Die doel is om konstante verbetering en eenheid te skep wat die Suid Afrikaanse film- en televisiebedryf akkuraat verteenwoordig”, sê NFVF CEP, me. Zama Mkosi.

Die totale aantal toekennings is verminder tot 80 plus die 4 diskresionêre toekennings, wat die groot totaal tot 84 bring.

Veranderinge in die kategorieë:

  • Die Kort Dokumentêr-kategorie sal onder die algemene Kortfilm-toekenning val en sal slegs as beste van die genre toegeken word.
  • Natuurprogramme se sub-kategorieë val weg en sal slegs as beste van die genre toegeken word.
  • Tydskrifprogramme en leefstylprogramme word ’n gekombineerde toekenning – beste Tydskrif- en Leefstylprogram.
  • Telenovela is ’n groeiende genre in Suid Afrika en kry vanjaar sy eie beste van die genre toekenning. Daar is dus ’n aparte beste Telenovela-toekenning teenoor die beste TV Sepie-toekenning.
  • Dié twee kategorieë word gekombineer wanneer dit meeding vir die publieke stem vir mees gewilde TV-Sepie. Dit sluit Telenovelas en sub-kategorieë in.
  • In die Telenovela-kategorie word kamerawerk bygevoeg.
  • Die Beste Sportprogram-toekenning is geskrap weens die aanhoudende gebrek aan inskrywings vir die kategorie.

Berig verskaf deur Sterre. Vir nog opwindende nuus en artikels en smullekker resepte, besoek Sterre se webtuiste by sterre.co.za/

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?