Ons onthou Jacobus Petrus Harmse

JACOBUS PETRUS HARMSE
10/06/1935 – 19/06/2017

Ek weet jul wonder soms hoekom
dinge moet gebeur
en ek weet jul het baie vrae en
jul hart is baie seer
Ek weet my plek is leeg langs jul,
ek sal altyd by jul wees
As jul na my verlang, onthou, ek is by jul in die gees
My tyd op aarde is verby
My lewe is afgemeet
En ek weet jul moet agterbly
Maar ek sal jul nooit vergeet

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jul
Nou is ek die engel wat sy
vlerke om jul hou

Ek sien jul trane elke dag, ek wens ek kon dit afdroog
Ek wil nie hê jul moet huil nie want kyk,
ek is daar in die reënboog
Hier sal ek altyd wag vir jul,
hier in ons hemelhuis
Ek hoop jul volg die regte pad,
tot hier by die kruis

Ek is nou in die hemel
En ek wil nêrens anders wees nie
Want hier is ek gelukkig
Hier kry ek nooit meer seer nie
Ek is nou in die hemel
En my hart is daar by jul
Nou is ek die engel wat sy vlerke om jul hou

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

© 2019 MyMatzikama. Alle Regte Voorbehou. Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?