Idma@Kapel

Idma@Kapel is geleë op die walle van die Olifantsrivier waar mens kan wegkom van die daaglikse gewoel van die dorp en die platteland op sy beste kan ervaar.

Die venue is naby genoeg om die talle wynplase in die omgewing te besoek en ook om die heerlike Weskus- en Olifantsrivierwyne te geniet. In die lente is die internasionaal bekende veldblomroete op hul voorstoep. Besoekers kan hul funksies só reël dat hulle nie die unieke prag van die Namakwaland kan mis nie.

Idma@Kapel se geriewe is perfek vir konferensies, troues, kongresse, opleiding, verjaarsdae en selfs vir produkbekendstellings, of net om lekker saam met vriende bymekaar te kom.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?