Huweliksverbond vir verloofdes en getroudes

Werksessies oor die huweliksverbond deur Jan en Chantal Oosthuizen word van 30 Junie tot 1 Julie by Rooms with a View gehou. Daar sal verskeie sessies met huwelikspaartjies wees.

 

Ons gemeente staan vir die huwelik en daarom is dit belangrik dat jy deel is van hierdie seminaar. Veral verloofdes en diegene wat dink aan trou moet dit nie misloop nie.

 

Vrydag sal daar om 19:00 sop, brood en koffie beskikbaar wees. Saterdag om 09:00 sal daar muffins, beskuit, koffie en tee beskikbaar wees. Teen 11:15 sal koffie en tee geniet word. Om 13:00 sal daar hoenderschnitzel, groente en aartappelskyfies wees, asook en malvapoeding en vla met koffie en tee.

 

Kontak Monica by 083 233 7788 of Chantál by 076 213 1506 indien jy belang stel om dit by te woon.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2017 . Digitale projekbestuur deur Lumico.

Log in with your credentials

Forgot your details?